速報APP / 教育 / CFWC

CFWC

價格:免費

檔案大小:41.1 MB

版本需求:需要 iOS 8.0 或以上版本。與 iPhone、iPad 及 iPod touch 相容。

支援語言:丹麥文, 亞塞拜然文, 俄文, 加泰羅尼亞文, 匈牙利文, 印尼文, 土耳其文, 巴克摩文挪威文, 希伯來文, 希臘文, 德語, 捷克文, 斯洛伐克文, 日語, 法文, 波蘭文, 瑞典文, 簡體中文, 繁體中文, 羅馬尼亞文, 義大利文, 芬蘭文, 英語, 荷蘭文, 葡萄牙文, 西班牙文, 阿拉伯文, 韓語

CFWC(圖1)-速報App

Daar is een ding waaroor ons nie kan bekostig om verkeerd te wees nie en dit is… SAL ONS REG WEES OM VIR YESHUA, ONS BRUIDEGOM, TE ONTMOET WANNEER HY ONS KOM HAAL? Ons glo dat die TaNaCH (Ou testament) en die Brit Chadashah (Nuwe testament) die Gees geïnspireerde woord van YHVH Elohim (God van Abraham, Isak en Jakob en enigste lewende God) is, sonder enige foute in die oorspronklike gegewe vorm.

Ons glo verder dat die woord van YHVH Elohim die volmaakte openbaring is van Sy reddingsplan vir die mens en die finale en enigste outoriteit is vir ons geloof en lewe in Hom. Daar is net een bruid, een Bruidegom en een waarheid – die woord van YHVH! Dit is ons hart om dieper te delf in die geheimenisse van YHVH se Woord om die onwrikbare waarheid te leer, vry van menslike interpretasies en denominasie opinies en mens-gemaakte strukture.

CFWC(圖2)-速報App

Ons streef daarna dat die “Woord van Abba die Woord verduidelik” Dit is ons passie om die liggaam van Yeshua Ha’Massiach te dien en te bedien met die Woord van YHVH Elohim en te streef na die soeke van die waarheid van Sy Woord. Ons het ook ‘n jeug bediening vir graad 8 tot graad 12, onder die vaandel van “One Way”, waar ons daarna streef om die jeug te bedien rondom die Woord van YHVH Elohim. Verder is dit ook die hartklop van hierdie bediening om die jeug te leer om die stem van Abba Vader te leer ken asook om in hierdie verhouding met Hom op te staan en te bly staan – nieteenstaande die aanslae van die vyand!

Ons kinderbediening (2 jaar tot graad 7) word tydens die lering, wat Sondae oggende 09h00 plaasvind, gedoen. Dit word aangebied deur mensies wat passievol is om hierdie bondeltjies van Abba se glorie op ‘n jong ouderdom te leer om honger te wees na meer van Abba Vader en van jongs af die waarheid oor Sy Woord te jaag.

CFWC(圖3)-速報App

Ons wil U vriendelik uitnooi om ons een Sondag oggend 09h00 te besoek en saam met ons aan die voete van die Koning van die Heelal, YHVH Elohim, te aanbid

支援平台:iPhone, iPad