速報APP / 生活品味 / Seilespan

Seilespan

價格:免費

更新日期:2019-04-25

檔案大小:1.6M

版本需求:Android 1.6 以上版本

官方網站:http://www.ngden.co.za

Email:deneysdam@gmail.com

聯絡地址:隱私權政策

Seilespan(圖1)-速報App

Die NG Kerk Deneysville is gevestig in Deneysville, 'n klein dorpie digby die wal van die Vaaldam.

Die gemeente se leuse is: "Span die seile, God gee die wind"

Dit is dan ook wat die gemeente uitleef: Om as mense God se wil te soek en uit te voer (seilespan), en op God te vertrou om dit wat mense nie kan doen nie by te voeg (die wind).

Die naam van hierdie toepassing (App) is dan juis "Seilespan" omdat die oogmerk daarvan is om te dien as toerusting vir die gemeente om "seile te span" volgens God se wil.

Die App poog om op 'n eenvoudige en maklike manier inligting beskikbaar te stel. Die inligting is onder andere die volgende:

- Kontak besonderhede van die gemeente administrasie en predikant.

Seilespan(圖2)-速報App

- Die inhoud van die laaste paar erediensboodskappe (preke). Dit stel gemeentelede in staat om dieper waarde uit die boodskappe te put, en breek die beperking van die erediens tot die grense van die kerkgebou.

- Afkondigings. Die afkondigings soos met die laaste erediens.

- Nuus. Enige gemeentenuus of gebeure wat beplan word.

- Gedagtes. Die predikant plaas weekliks 'n kort geestelike gesprek.

- Kalender. Gebeure en aktiwiteite per kalenderdag.

- Gebedfokus. Die weeklikse gebedlys vir gemeentelede om saam te bid.

Seilespan(圖3)-速報App

- Facebook. 'n Skakel na die gemeente se Facebook blad waar fotos en verdere gemeente aktiwiteite gevolg kan word in sosiale media styl.

- Kategese. Die rooster en van die materiaal wat gebruik word in die kategese. Kommunikasie met die ouers.